2.11.13

Die Stad -Theodor Storm

Langs die grys strand, langs die grys see,
half eenkant lê die stad;
waar newels oor die dakke vee
en deur die stilte druis die see
aaneen, al óm die stad.

Geen woud ruis hier, geen voël roep ooit
die maat wat by hom pas;
net in die herfs die kras gekrys
wanneer die trekgans deurnag reis
en strandlangs swiep die gras.

Tog klou my hele hart aan jou,
grys stad daar langs die see;
die tower van my jeug sal bly
en soos ʼn glimlag rus op jou, my
grys stad langs die see.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Die Stadt -Theodor Storm

Am grauen Strand, am grauen Meer
und seitab liegt die Stadt;
der Nebel drückt die Dächer schwer,
und durch die Stille braust das Meer
eintönig um die Stadt.

Es rauscht kein Wald, es ruft im Mai
kein Vogel ohn' Unterlaß;
die Wandergans mit hartem Schrei
nur fliegt in Herbstesnacht vorbei,
am Strande weht das Gras.

Doch hängt mein ganzes Herz an dir,
du graue Stradt am Meer;
der Jugend Zauber für und für
ruht lächelnd doch auf dir, auf dir,
du graue Stadt am Meer.

20.3.13

Somerstorm

Eensklaps sou dit rondom stil word:
die water van die kuile in die vlei spieëlglad
en tot daar diep onder
donker;
die veld asof dit luister
(net die gras se fynste pluime sou afwagtend roer).

Dalk sou ‘n kriek vraend,  onseker,
‘n halwe frase van ‘n tjirp nog noueliks laat hoor
terwyl die grond rondom
skielik sy sonligkleur verloor.

Die wolke sou aanstorm met ‘n wilde vaart
en tot ‘n toring stapel, maal,
uiteindelik stroom tot reuse flarde
veel verder boontoe in die hoë wind
(en alles byna sonder ‘n geluid).

Maar skielik vind
die storm sy stem
en jaag ‘n vlaag deur veld en bos
en laat die weerlig flitsend slag ná blinde sweepslag
oor die krom rûe van die heuwels los.

Oomblikke later skeur ‘n reep
deur daardie donker lugte
en dit reën
met ‘n geluid soos van ‘n sluis wat oopgedraai word
wyd omheen.