8.3.17

Heeldag son

Die hele dag son; die hele dag sand,
die hele dag blou lug oor die duine
langs die strand.

In die aand begin die wind
reeds van ver - van buite sig
om die skuim van die kruine
van die branders te lig.

Silwer - die rand van die horisonlyn
as die maan in die nánag
op die swart water skyn.