Wys tans plasings met die etiket ewigheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ewigheid. Wys alle plasings

3.3.12

Herfs -Rainer Maria Rilke

Die blare val, val soos van ver,
asof daar in die heem’le afgeleë tuine welk;
hul val met ‘n ontkennende gebaar.

En in die nagte val die sware aarde
vanuit die sterre na die eensaamheid.

Ons almal val. So val dié hand daar, nou.
En kyk na ander: sien, dit is in almal.

Tog is daar Een, wat al wat val
met eindelose teerheid in Sy hande hou.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Herbst -Rainer Maria Rilke

Die Blätter fallen, fallen wie von weit,
als welkten in den Himmeln ferne Gärten;
sie fallen mit verneinender Gebärde.

Und in den Nächten fällt die schwere Erde
aus allen Sternen in die Einsamkeit.

Wir alle fallen. Diese Hand da fällt.
Und sieh dir andre an: es ist in allen.

Und doch ist Einer, welcher dieses Fallen
unendlich sanft in seinen Händen hält.

26.8.11

Ewigheid

Die ewigheid, het ek gedink
sal sterre wees wat altyd blink
bokant ons, die slapendes
onder ‘n grys rondaweldak.

En stilte wat spiraal
en uitblom tot ‘n parabool
bokant die vlaktes
van ‘n windoorstroomde,
ysbedekte pool.