Eensklaps sou dit rondom stil word:
die water van die kuile in die vlei spieëlglad
en tot daar diep onder
donker;
die veld asof dit luister
(net die gras se fynste pluime sou afwagtend roer).
Dalk sou ‘n kriek vraend, onseker,
‘n halwe frase van ‘n tjirp nog noueliks laat hoor
terwyl die grond rondom
skielik sy sonligkleur verloor.
Die wolke sou aanstorm met ‘n wilde vaart
en tot ‘n toring stapel, maal,
uiteindelik stroom tot reuse flarde
veel verder boontoe in die hoë wind
(en alles byna sonder ‘n geluid).
Maar skielik vind
die storm sy stem
en jaag ‘n vlaag deur veld en bos
en laat die weerlig flitsend slag ná blinde sweepslag
oor die krom rûe van die heuwels los.
Oomblikke later skeur ‘n reep
deur daardie donker lugte
en dit reën
met ‘n geluid soos van ‘n sluis wat oopgedraai word
wyd omheen.
Wys tans plasings met die etiket jaargetye. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket jaargetye. Wys alle plasings
20.3.13
4.6.12
Herfsdag -Rainer Maria Rilke
Here: dis tyd. Die somer was só groot.
Laat val U skadu’s oor die sonnewysers,
en lê die vlaktes aan die winde bloot.
Beveel die laaste vrugte om nou vol te wees;
gee hulle nog twee sondeurdrenkte dae,
dring hulle tot voleinding dan en jae
die laaste soetigheid in die swaar druif.
Wie nou geen huis het, sal nou nie meer bou nie.
Wie nou alleen is, sal dit lank nog bly,
sal waak en lees, lang briewe sit en skryf
en sal onrustig in die lanings heen en weer
en sal onrustig in die lanings heen en weer
bly wandel, as die blare dryf.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)
Herbsttag -Rainer Maria Rilke
Herr: es ist Zeit. Der Sommer war sehr groß.
Leg deinen Schatten auf die Sonnenuhren,
und auf den Fluren laß die Winde los.
Leg deinen Schatten auf die Sonnenuhren,
und auf den Fluren laß die Winde los.
Befiehl den letzten Früchten voll zu sein;
gib ihnen noch zwei südlichere Tage,
dränge sie zur Vollendung hin und jage
die letzte Süße in den schweren Wein.
gib ihnen noch zwei südlichere Tage,
dränge sie zur Vollendung hin und jage
die letzte Süße in den schweren Wein.
Wer jetzt kein Haus hat, baut sich keines mehr.
Wer jetzt allein ist, wird es lange bleiben,
wird wachen, lesen, lange Briefe schreiben
und wird in den Alleen hin und her
unruhig wandern, wenn die Blätter treiben.
Wer jetzt allein ist, wird es lange bleiben,
wird wachen, lesen, lange Briefe schreiben
und wird in den Alleen hin und her
unruhig wandern, wenn die Blätter treiben.
8.3.12
Frühherbst -N.P. van Wyk Louw
Das Jahr wird reif im goldenen Laub der Eichen,
im Weinberg der erbraunt - der neue Wind,
das klare Sonnenlicht durchfluten, bleichen
die weisse Luft; zur Frucht schon sind
sogar die trägsten Blumen bald geworden, fast
unbemerkbar fällt das Laub in den Alleen,
und an den hohen Pappeln ist so mancher Ast
frühmorgens weisser, deutlicher zu sehen.
Lass diese Tage heilig werden, Herr:
lass fallen, was mir Prunk und Zierde war
und spröder Wuchs, und weit von aller Pein;
lass reifen, Deinen Wind mir weh'n, dass er
mir streife meinen Wahn, und offenbar'
zuletzt was treu aus zarter Jugend dann erschein'.
(Deutsche Übersetzung von Harald Thiede)
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Vroegherfs -N.P. van Wyk Louw
Die jaar word ryp in goue akkerblare,in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
3.3.12
Somer
Al die dae is vol helder sonskyn
en die lug lomerig, lou.
Groen, geurige, gesnyde gras
lê welig soos tapyte uitgerol.
En cumuluswolke stapel tot torings:
glimmend wit en ongelooflik hoog.
Reëndruppels, helder soos glas
strooi wyd uit oor die landskap.
Krieke tjirp en perskes hang
swaar aan ‘n tak.
en die lug lomerig, lou.
Groen, geurige, gesnyde gras
lê welig soos tapyte uitgerol.
En cumuluswolke stapel tot torings:
glimmend wit en ongelooflik hoog.
Reëndruppels, helder soos glas
strooi wyd uit oor die landskap.
Krieke tjirp en perskes hang
swaar aan ‘n tak.
Droë somer
Die son is witbleekwarm
en die son is groot.
Vervlugtig meedoenloos die sap
in halms en blare
en skroei alles dood.
Die lug sonder ‘n wolk: ‘n koepel
van ‘n duisend blaaie lood.
en die son is groot.
Vervlugtig meedoenloos die sap
in halms en blare
en skroei alles dood.
Die lug sonder ‘n wolk: ‘n koepel
van ‘n duisend blaaie lood.
Herfs -Rainer Maria Rilke
Die blare val, val soos van ver,
asof daar in die heem’le afgeleë tuine welk;
hul val met ‘n ontkennende gebaar.
En in die nagte val die sware aarde
vanuit die sterre na die eensaamheid.
Ons almal val. So val dié hand daar, nou.
En kyk na ander: sien, dit is in almal.
Tog is daar Een, wat al wat val
met eindelose teerheid in Sy hande hou.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)
als welkten in den Himmeln ferne Gärten;
sie fallen mit verneinender Gebärde.
Und in den Nächten fällt die schwere Erde
aus allen Sternen in die Einsamkeit.
Wir alle fallen. Diese Hand da fällt.
Und sieh dir andre an: es ist in allen.
Und doch ist Einer, welcher dieses Fallen
unendlich sanft in seinen Händen hält.
asof daar in die heem’le afgeleë tuine welk;
hul val met ‘n ontkennende gebaar.
En in die nagte val die sware aarde
vanuit die sterre na die eensaamheid.
Ons almal val. So val dié hand daar, nou.
En kyk na ander: sien, dit is in almal.
Tog is daar Een, wat al wat val
met eindelose teerheid in Sy hande hou.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)
Herbst -Rainer Maria Rilke
Die Blätter fallen, fallen wie von weit,als welkten in den Himmeln ferne Gärten;
sie fallen mit verneinender Gebärde.
Und in den Nächten fällt die schwere Erde
aus allen Sternen in die Einsamkeit.
Wir alle fallen. Diese Hand da fällt.
Und sieh dir andre an: es ist in allen.
Und doch ist Einer, welcher dieses Fallen
unendlich sanft in seinen Händen hält.
Laeveldse winter
Nou hang die son reeds vroeër
laer oor die gryser berg.
Die weelderige somer het
‘n ryk nalatenskap laat bly
in geel en oker velde ruie gras
en in die rypende rooi doringpeule,
gebrandskilder
en om en om geraam in porseleinblou lug.
Die sonstand kantel met die maande
en dit wat suidelik geleë is
dwing na die ruim se dieper koue.
Deur skadu’s van die skraler middag
rafel rook oor koesterende krale
en oor die uitgestrekte vlakte flikker dit
waar wintervure later in die kouer nagte brand:
‘n yl weerkaatsing van die melkweg
se wye yskoolgloede
ver uitgestrooi
oor die nag se swart, swart werf.

Teken in op:
Plasings (Atom)