Wys tans plasings met die etiket nag. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket nag. Wys alle plasings

3.3.12

My koffiekan

My koffiekan
kan koffie
laat ráák smaak:
laat, as die nag
op sy donkerste raak.

Hardekool houtskool
gluur vuurrooi,
so mooi
as die rook om die sterre draai.

My koffiekan
kan koffie
laat ráák smaak:
laat, in die donker nag.