31.8.21

Pinienwälder - N.P. Van Wyk Louw

Blaues Pinienmeer am Hang -
bis über blankem Horizont
die fernsten Wipfel schwinden in
Opal, von hoher Luft durchsonnt.

Blaue und nahe Heiligkeit
die zwischen Meer und Himmel steht
darüber groß, mystisch, der Tanz
seltsamer stiller Wolken geht.
(Deutsche Übersetzung von Harald Thiede)

Dennebosse

Blou see van denne teen die hang -
tot op die blanke horison
die verste toppe yl word in
opaal van hoë lug en son.

'n Blou nabye heiligheid
wat tussen see en hemel staan,
waaroor die groot, mistieke dans
van vreemde stille wolke gaan.

3.2.19

Grys middag

Grys middag.
Die donker bloekombome swyg - omgewe
van die balsemsoet van hulle blaregeur.

Niks is op hierdie oomblik
dringend of belangrik nie.

Behalwe om
vanuit die skemer van 'n stoep te tuur
na waar die newels
oor die heuwels kruip.

En om te luister
na die motreën
en die fluitgeluide
van klein paddatjies.

8.3.17

Heeldag son

Die hele dag son; die hele dag sand,
die hele dag blou lug oor die duine
langs die strand.

In die aand begin die wind
reeds van ver - van buite sig
om die skuim van die kruine
van die branders te lig.

Silwer - die rand van die horisonlyn
as die maan in die nánag
op die swart water skyn.

2.11.13

Die Stad -Theodor Storm

Langs die grys strand, langs die grys see,
half eenkant lê die stad;
waar newels oor die dakke vee
en deur die stilte druis die see
aaneen, al óm die stad.

Geen woud ruis hier, geen voël roep ooit
die maat wat by hom pas;
net in die herfs die kras gekrys
wanneer die trekgans deurnag reis
en strandlangs swiep die gras.

Tog klou my hele hart aan jou,
grys stad daar langs die see;
die tower van my jeug sal bly
en soos ʼn glimlag rus op jou, my
grys stad langs die see.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Die Stadt -Theodor Storm

Am grauen Strand, am grauen Meer
und seitab liegt die Stadt;
der Nebel drückt die Dächer schwer,
und durch die Stille braust das Meer
eintönig um die Stadt.

Es rauscht kein Wald, es ruft im Mai
kein Vogel ohn' Unterlaß;
die Wandergans mit hartem Schrei
nur fliegt in Herbstesnacht vorbei,
am Strande weht das Gras.

Doch hängt mein ganzes Herz an dir,
du graue Stradt am Meer;
der Jugend Zauber für und für
ruht lächelnd doch auf dir, auf dir,
du graue Stadt am Meer.

20.3.13

Somerstorm

Eensklaps sou dit rondom stil word:
die water van die kuile in die vlei spieëlglad
en tot daar diep onder
donker;
die veld asof dit luister
(net die gras se fynste pluime sou afwagtend roer).

Dalk sou ‘n kriek vraend,  onseker,
‘n halwe frase van ‘n tjirp nog noueliks laat hoor
terwyl die grond rondom
skielik sy sonligkleur verloor.

Die wolke sou aanstorm met ‘n wilde vaart
en tot ‘n toring stapel, maal,
uiteindelik stroom tot reuse flarde
veel verder boontoe in die hoë wind
(en alles byna sonder ‘n geluid).

Maar skielik vind
die storm sy stem
en jaag ‘n vlaag deur veld en bos
en laat die weerlig flitsend slag ná blinde sweepslag
oor die krom rûe van die heuwels los.

Oomblikke later skeur ‘n reep
deur daardie donker lugte
en dit reën
met ‘n geluid soos van ‘n sluis wat oopgedraai word
wyd omheen.

4.6.12

Herfsdag -Rainer Maria Rilke

Here: dis tyd. Die somer was só groot.
Laat val U skadu’s oor die sonnewysers,
en lê die vlaktes aan die winde bloot.

Beveel die laaste vrugte om nou vol te wees;
gee hulle nog twee sondeurdrenkte dae,
dring hulle tot voleinding dan en jae
die laaste soetigheid in die swaar druif.

Wie nou geen huis het, sal nou nie meer bou nie.
Wie nou alleen is, sal dit lank nog bly,
sal waak en lees, lang briewe sit en skryf
en sal onrustig in die lanings heen en weer
bly wandel, as die blare dryf.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Herbsttag -Rainer Maria Rilke

Herr: es ist Zeit. Der Sommer war sehr groß.
Leg deinen Schatten auf die Sonnenuhren,
und auf den Fluren laß die Winde los.

Befiehl den letzten Früchten voll zu sein;
gib ihnen noch zwei südlichere Tage,
dränge sie zur Vollendung hin und jage
die letzte Süße in den schweren Wein.

Wer jetzt kein Haus hat, baut sich keines mehr.
Wer jetzt allein ist, wird es lange bleiben,
wird wachen, lesen, lange Briefe schreiben
und wird in den Alleen hin und her
unruhig wandern, wenn die Blätter treiben.

15.5.12

Veldbrand

Die middag was onrustig
met voëls wat styg en draai,
en in die stilte het die spanning opgelaai,

totdat die luggie wat bly stoot het
skielik grom
en uit die noorde waai.

Die brand het brullend opgespring
en vlamme teen die bulte uitgejaag
om alles in ‘n woedende verwoestingsvlaag
te vreet en te verteer.

Maar toe die spanne slaners
laatskemer huis toe strompel,
het die uitgespaarde weiding
in die reën wat wyd, genadig uitsak

na lenteveld geruik.

13.5.12

Lourenço Marques, 1964

Die see het ver teruggetrek.
‘n Groot stuk sand lê bloot:
die bodem onder die oop hemel glinsterend,
vol vreemde vondste wat nog baie later
in plastieksakke in die binneland
in war versamelings, na see sal ruik.

Maar nou is hierdie ebgety se riffelvlakte
vol huppelende kinders, hoor jy hulle
opgewonde babbel: Mamma, Pappa, kyk!

En wanneer wiere, skulpe en ander see-aandenkings
al lank vermurwe en versplinter het,
sal helder beelde flits in harte wat
dekades later sal onthou:

die mans se opgerolde broekspype,
die wapperende bloese van die vrouens,
die bries wat rukke landwaarts waai en
elke opgespatte druppel lig en dra …

die helder son wyd oor die donker kus van Afrika.

8.5.12

Vroegoggend

Die sonlig vind sy pad
en vlek die ou bruin stamme met 'n nuwe geel,
flits deur die donker blare wat
wiegend en ritselend die ligspel speel
en met hul sagte skadu's oor
die barste in die growwe bas bly streel.

7.5.12

Suidkusreën

Dit reën
oor die see
oor die strand
en wildepiesangs teen die rant.

Dit reën
oor die suikerrietland.

Dit reën
aaneen.

14.3.12

Stranding weens papwiel

Wit sandpad.
Die wind wat
in donker piesangblare kolk
en deur die hoë drade suis.

‘n Hadeda wat skree.
Klein stofvaal kindertjies
wat uitgelate
antwoord gee.

8.3.12

Frühherbst -N.P. van Wyk Louw

Das Jahr wird reif im goldenen Laub der Eichen,
im Weinberg der erbraunt - der neue Wind,
das klare Sonnenlicht durchfluten, bleichen
die weisse Luft; zur Frucht schon sind
sogar die trägsten Blumen bald geworden, fast
unbemerkbar fällt das Laub in den Alleen,
und an den hohen Pappeln ist so mancher Ast
frühmorgens weisser, deutlicher zu sehen.

Lass diese Tage heilig werden, Herr:
lass fallen, was mir Prunk und Zierde war
und spröder Wuchs, und weit von aller Pein;
lass reifen, Deinen Wind mir weh'n, dass er
mir streife meinen Wahn, und offenbar'
zuletzt was treu aus zarter Jugend dann erschein'.
(Deutsche Übersetzung von Harald Thiede)

Vroegherfs -N.P. van Wyk Louw

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

6.3.12

Die Panter -Rainer Maria Rilke

In die Jardin des Plantes, Parys. 6.11.1902

Sy heen-en-weergaan langs die heiningstawe
het hom só afgestomp dat hy onsiende staar.
‘n Duisend stawe is in sy bewussyn ingegrawe
-niks as dít weet hy nie- sy wêreld eindig daar.

Die soepel vloei van ligte treë wat kragtig
in immer kleiner sirkels tot ‘n dans oplaai
tol eindelik hipnoties om ‘n middelpunt, ontmagtig
die sterker wil daarbinne vasgedraai.

Net soms ontspan die sluiter agter die pupil
en sal daar dan 'n beeld na binne gaan.
Dit dring deur ledemate wat gespanne ril,
bereik die hart - en hou op bestaan.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Der Panther -Rainer Maria Rilke

Im Jardin des Plantes, Paris. 6.11.1902

Sein Blick ist vom Vorübergehn der Stäbe
so müd geworden, dass er nichts mehr hält.
Ihm ist, als ob es tausend Stäbe gäbe
und hinter tausend Stäben keine Welt.

Der weiche Gang geschmeidig starker Schritte,
der sich im allerkleinsten Kreise dreht,
ist wie ein Tanz von Kraft um eine Mitte,
in der betäubt ein großer Wille steht.

Nur manchmal schiebt der Vorhang der Pupille
sich lautlos auf -. Dann geht ein Bild hinein,
geht durch der Glieder angespannte Stille -
und hört im Herzen auf zu sein.

3.3.12

My koffiekan

My koffiekan
kan koffie
laat ráák smaak:
laat, as die nag
op sy donkerste raak.

Hardekool houtskool
gluur vuurrooi,
so mooi
as die rook om die sterre draai.

My koffiekan
kan koffie
laat ráák smaak:
laat, in die donker nag.

Kind, 4 jaar oud

Nuwe dag
Blou lug
Warmte, lig

Helder lag

Der Abend

Durch träggewordene Stunden
scheint spätes Licht.

Der Tag, morgens auf stolzem Ross,
gibt ihm nun keine Sporen mehr.

Rauchgrau geht er
im Mantel nebenher.

Er geht, er reitet nicht.

Somer

Al die dae is vol helder sonskyn
en die lug lomerig, lou.
Groen, geurige, gesnyde gras
lê welig soos tapyte uitgerol.
En cumuluswolke stapel tot torings:
glimmend wit en ongelooflik hoog.

Reëndruppels, helder soos glas
strooi wyd uit oor die landskap.
Krieke tjirp en perskes hang
swaar aan ‘n tak.

Droë somer

Die son is witbleekwarm
en die son is groot.
Vervlugtig meedoenloos die sap
in halms en blare
en skroei alles dood.

Die lug sonder ‘n wolk: ‘n koepel
van ‘n duisend blaaie lood.

Herfs -Rainer Maria Rilke

Die blare val, val soos van ver,
asof daar in die heem’le afgeleë tuine welk;
hul val met ‘n ontkennende gebaar.

En in die nagte val die sware aarde
vanuit die sterre na die eensaamheid.

Ons almal val. So val dié hand daar, nou.
En kyk na ander: sien, dit is in almal.

Tog is daar Een, wat al wat val
met eindelose teerheid in Sy hande hou.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede)

Herbst -Rainer Maria Rilke

Die Blätter fallen, fallen wie von weit,
als welkten in den Himmeln ferne Gärten;
sie fallen mit verneinender Gebärde.

Und in den Nächten fällt die schwere Erde
aus allen Sternen in die Einsamkeit.

Wir alle fallen. Diese Hand da fällt.
Und sieh dir andre an: es ist in allen.

Und doch ist Einer, welcher dieses Fallen
unendlich sanft in seinen Händen hält.

Laeveldse winter

Nou hang die son reeds vroeër
laer oor die gryser berg.
Die weelderige somer het
‘n ryk nalatenskap laat bly
in geel en oker velde ruie gras
en in die rypende rooi doringpeule,
gebrandskilder
en om en om geraam in porseleinblou lug.

Die sonstand kantel met die maande
en dit wat suidelik geleë is
dwing na die ruim se dieper koue.

Deur skadu’s van die skraler middag
rafel rook oor koesterende krale
en oor die uitgestrekte vlakte flikker dit
waar wintervure later in die kouer nagte brand:

‘n yl weerkaatsing van die melkweg
se wye yskoolgloede
ver uitgestrooi
oor die nag se swart, swart werf.

26.8.11

Duisendpoot

Klam
blink die boom se stam.
Reënwater biggel
teen die growwe bas,
plas
op die dik mat dooie blare
en tussen yl, gemufte gras.

Geel
soos ‘n helder vlam
woeker die waaiervorms
van ‘n swam
teen die bisarre wortels:
die suiwer kleur
gebrandpunt
teen die halflig van die bos.

‘n Duisendpoot loop haastig,
die enigste beweging in die stil toneel.
Die rye pote soos ‘n sagte golf:
klein sneltrein deur die miniatuurterrein.

Dan hou hy skielik stil
om met sy voelers
in die lug te tas.

Net vir ‘n oomblik
staan hy so:
met al die inligting verwerk,
hervat hy weer sy pas.

Ewigheid

Die ewigheid, het ek gedink
sal sterre wees wat altyd blink
bokant ons, die slapendes
onder ‘n grys rondaweldak.

En stilte wat spiraal
en uitblom tot ‘n parabool
bokant die vlaktes
van ‘n windoorstroomde,
ysbedekte pool.

Rivier, circa 1972

Om my - ek sit op droë klippe -
en onder my - hier maak ‘n rots ‘n growwe brug -
maal en kolk, snel, gorrel, skuim en spat
die donker water van die Maritsane.

Biesies beef gespanne, pluime van die riete wuif
langs en binne hierdie water,
elk met ‘n eie ossilasiespoed:

onbeïnvloed deur die baie jare
soos lank reeds voor my wonderlike somermiddag hier en nou,
toe hierdie fluisterende witstinkhoutgewelf bo my
nog spikkelkodes was in pas ontkiemde saad.

Hier is rus.
Hier is die tyd in datumlose
groot herhaling
vir die enkeling
slegs sigbaar in die wisseling
van

die subtropiese seisoene
die opkoms en die ondergaan van sterrebeelde
die son se talle sagte tinte
en

die tydlose beligting
van die onbeskryflike
diep asemende
blou, blou volmaannag.

(Die tydspan
van my oorstelpte troos en vreugde
in hierdie mens-ononderbroke plek
is in die geskiedenis van stroom
en klippe en beboste oewer
vlietend soos ‘n blaar wat val)

maar in my gemoed
bly dit vir altyd.
Hierheen kom ek alleen in my gedagtes
oor die sandwal van die tyd
terug.

Bosbokrand

Die wêreld was so blou en groen
en elke somer welig en vol son;
die veld die ene ryk verrassing
van peule, vrugte, klip en wilde blom.

En herfs hou ‘n soort weemoed vas
gemeng met troos
- dis vreemd as jy dit skryf of sê -
tussen die heuwels, donghas, gras
van hierdie plek wat altyd vaste baken was.

Die berge lê steeds uitgestrek
in blou, blou vertes van die helder wintersonlig.
Soos altyd ruis die water van die Maritsane
en dra die wind die kruiegeure
van musudzungwane.

‘n Plek soos dié bly lewenslank ‘n deel van jou
as jy eers daar gehoort het.
Sy landskappe, sy wye maanlig
bly jou by.
En na jy al op baie ander plekke was
sal steeds ‘n pad jou stil-stil soontoe lei.

3.6.11

Oranjerooi

Oranjerooi.
Die bosveldson het goud gestrooi
oor digte, donker dorings
en oor verlate veld.

Die sekelmaan
het oor die wye land gegaan:
Mooinooi, Marikana, Maanhaarrand ...